ENG | AFR

Voeg nog meters tot jou MyPP24Profiel


Om nog meters by te voeg tot jou MyPP24Profiel & elektrisiteit te koop vir meer as een meter in 'n enkele betaling, volg die stappe hieronder:

Stap 1

Teken in by jou MyPP24Profiel.

Stap 2

Gaan na “Bestuur” en klik op “Nommers & Rekeninge”.

Stap 3

Klik op “Bestuur Nommers” en kies “Elektrisiteitsmeter”.

Stap 4

Klik “Voeg Elektrisiteitsmeter By”, kies die munisipaliteit van die meter wat jy byvoeg en voer die onderskeidelike meternommer in. Klik op “Stoor Meter”.

Stap 5

Herhaal Stap 4 vir elke meter wat jy wil byvoeg.

Stap 6

Sodra jy al jou meternommers bygevoeg het, klik op “Transact Now” onder op die skerm.

Stap 7

Op die "Koop Aan" blad, klik op die “Voorafbetaalde Elektrisiteit” paneel.

Stap 8

Kies jou meternommer, voer jou aankoopbedrag in en klik op “Voeg by”. Doen hierdie vir elke meter wat jy wil herlaai.

Stap 9

Sodra jy al jou aankope bygevoeg het, gaan af en klik op “Voltooi Aankoop”.

Stap 10

Bevestig jou bestelling en klik op “Betaal Nou”. Kies jou betalingsmetode en volg eenvoudig die aanwysings wat volg.

Jou herlaaibwys sal na jou toe ge-epos en ge-SMS word binne 15 minute nadat jy jou betaling gemaak het.

LET WEL: As jy ‘n Standaard EFT as jou betalingsmetode gekies het en jy koop vir meer as een meternommer aan, sal jy ‘n unieke verwysingsnommer ontvang wat jy kan gebruik om jou EFT te maak. Hierdie verwysing verander elke keer wat jy ‘n nuwe bestelling skep, so jy kan dit slegs EENMAAL gebruik.

Teken in by jou MyPP24Profiel